RUGBY –  Wêreld Rugby het ook sopas bevestig dat Munster se slot Jean Kleyn vir die Springbokke kan uitdraf in die openingswedstryd van die Rugby Kampioenskaps-reeks teen die Wallabies wat volgende maand in Pretoria gespeel word.

Kleyn het reeds in 5 toetse vir Ierland uitgedraf nadat hy in 2019 gekwalifiseer het om vir die Shamrocks te kan speel.

Die Bokke was weens Eben Etsebeth se skouer besering genoodsaak om sy probleem in die slot posisie aan te spreek en aangesien die Ierse se hoofafrigter Andy Farrell nie enige planne gehad het om Kleyn by sy groep te betrek nie het die Direkteur van S.A. Rugby Rassie Erasmus nie gras onder hul voete laat groei nie en Kleyn na die Springbokke se oefenkamp opkommandeer vir moontlike insluiting in die 23-tal teen die Wallabies op 8 Julie.

Die 29-jarige Kleyn het vir die Stormers tussen 2014 – 2016 gespeel en het ook in die vorige wêreldbeker toernooi in 2019 vir die Iere uitgedraf.

Die  33-man Springbokgroep vir die Wêreldbeker-toernooi later vanjaar in Frankryk sal ook op 8 Augustus bekend gemaak word.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×