RUGBY – Die Springbokke se kaptein Siya Kolisi is nou in ’n wedloop teen tyd gebonde om betyds te herstel vir die Wêreldbeker toernooi later vanjaar in Frankryk.
Kolisi wat Saterdag teen Munster in aksie was het ’n skandering ondergaan wat aangetoon het dat diè losvoorspeler sy kruisligament geskeur en ook sy meniskus beseer het.
Nog ’n Springbok ster wat ook moontlik diè Rugbykampioenskap in Julie kan misloop is die alomteenwoordige Eben Etzebeth. Diè slot het ook sy skouer teen Munster beseer maar die moontlikheid bestaan dat hy betyds gereed sal wees vir die openingswedstryd teen die Wallabies op 8 Julie.
Etsebeth wat ’n veteraan van ‘n 110 toetse is sal ook een van die kandidate wees vir die kapteinskap van die Bokke indien Kolisi nie betyds van sy besering herstel nie.
Die Rugbyskouspel begin oor 135 dae wanneer die gasheerland Frankryk teen die 3-malige Wêreldkampioene Nieu-Seeland in Saint-Denis sal uitdraf.