Die Leeus en Haaie het goeie oorwinnings in die VRK-reeks behaal toe hulle onderskeidelik met die Stormers en die Bulle afgereken het.

Die Rooibontes het gewys dat daar met hulle rekenskap gehou gaan moet vir ‘n plek in die uitspeelrondes nadat die Gautengers die Stormers met 30 – 23 op Ellispark kon stuit. Alhoewel die Kapenaars twee derdes van die besit en gebiedsvoordeel geniet het was die afrondingswerk flou en kon dit nie in wenpunte omskep word nie.

In die Bulle en Haaie stryd op Loftus Versveld waar die Piesangboere sonder agt Springbokke moes klaarkom het die Natalse besoekers met 29 – 19 die septer geswaai.  Die Haaie sal egter meer aandag aan hulle dissipline moet gee aangesien die span 17 strafskoppe afgestaan het en ook met drie geel kaarte gestraf was.

Na 10 wedstryde in diè reeks is die Bulle steeds derde op die punteleer met 35 gevolg deur die Haaie een punt verder terug.

error: Inhoud is beskerm !!