RUGBY – Die Haaie se treurmare in die VRK-reeks duur voort na die Piesangboere ‘n 8ste nederlaag gelei het en met 18 – 20 teen die Leeus in Durban vasgeval het.
Die Springbok vleuel Makazole Mamimpi het die tuisspan vroeg laat voorloop toe hy in die 21ste minuut oorgegaan het vir sy span se 1ste drie en 11 minute later was dit Bok spanmaat Grant Williams se beurt om weer te gaan druk.
Die Rooibontes het egter nie gaan lê nie en met 2 drieë in die laaste 40 minute geantwoord terwyl die skopskoen van Sanele Nohamba die Gautengers hul 4de sege in 8 wedstryde besorg het.
*Die Haaie is nog steeds heel onder aan die punteleer met 9 punte terwyl die Leeus tans die 11de plek beklee op 23.