Die Haaie het twee veranderinge aan hulle span gemaak wat Saterdag in die Curriebeker-eindstryd teen die Leeus in Johannesburg te staan sal kom.
Die Junior Springbok Jurenzo Julius is in die beginspan ingesluit en sal op buitesenter diens doen in die plek van Francois Venter terwyl Emmanuel Tshituka op agsteman begin in die plek van Phepsi Buthelezi wat ’n besering opgedoen het terwyl Emmanuel se broer en vaskopflank Vincent die span sal aanvoer.
Die Leeus wat as die gunsteling sal uitdraf se begin XV-tal sal later aangekondig word.
Diè wedstryd skop om 16:00 op Ellispark af.
Die Bokke pak die Pumas in Santiago del Estero en sal mik na ’n oorwinning om sodoende die Rugbykampioenskaps-titel ook in te palm.
Die afskoptyd is om 23:00 (SA Tyd).