RUGBY: Die twee reuse van Europese rugby meet Saterdag kragte in die eindstryd van die Kampioenebeker-reeks.

Die Ierse span Leinster speel teen die Franse klub Toulouse in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen. Toulouse is die suksesvolste klub in die geskiedenis van die kompetisie met vyf oorwinnings, terwyl Leinster die beker reeds vier keer ingepalm het.

Die gewese Springbok-breier Jacques Nienaber is nou die senior afrigter van Leinster en verwag die intensiteit van ‘n toets in die eindstryd.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×