RUGBY – Die All Blacks is ‘n hulpafrigter kwyt kort voor hulle toer na Suid-Afrika vir twee Rugbykampioenskap kragmetings.
Dit is bevestig dat Leon MacDonald die groep verlaat het.
Dit kom weens ‘n meningsverskil in die manier oor hoe die All Blacks afgerig word.
LEES MEER: All Black groep vir SA ekskursie aangekondig
Volgens Nieu-Seeland Rugby was daar gesprekke gehou tussen die hoofafrigter Scott Robertson en MacDonald oor die laaste paar weke, maar die twee se filosofië rondom afrigting verskil te veel.