RUGBY – 2 wedstryde is ook Saterdag in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks beslis.

Die Sharks het tuis teen Ulster gespeel maar uteindelik die onderspit gedelf met 24 – 31. Daar was te min te kies tussen die 2 spanne nadat albei 4 drieë gedruk het maar John Cooney het die oorwinning met sy skopskoen verseël nadat al sy pogings na die pale suksesvol was.

Die grootste verrassing van die naweek was egter die Lions wat Operasie Reg-Ruk van stapel gestuur het en die Glasgow Warriors met 35 – 24 op Ellispark geklop het.

Die dissipline op die veld het met tye gepla en as gevolg hiervan is die Lions met 2 geelkaarte gestraf  terwyl die Warriors ook in die 33ste minuut ’n gele ontvang het.

Toe die Rooibontes se Ruan Dreyer egter met ’n rooikaart van die veld gestuur is in die 65ste minuut het die handjievol toeskouers gedink dis neusie verby maar die tuisspan het kopgehou en walgegooi en die Warriors uit hul doelgebied gehou vir ’n welverdiende oorwinning.

7’s RUGBY – Die Blitsbokke se vertoning by die Los Angeles Wêreld 7’s toernooi het soos die ongure weersomstandighede wipplank gery.

Die span het hul 1ste wedstryd teen Kanada gewen maar daarna teen onderskeidelik Uruguay en Ierland vasgeval maar het steeds genoeg gedoen om vir kwarteindronde te kwalifiseer.

Daarna het die Blitsbokke teen Fidji te staan gekom in die ronde van die laaste 8 maar die eilandspan het draaie om die Suid-Afrikaners gehardloop en die Groen en Goud met 28 – 7 verniel.

Die Suid-Afrikaners het egter daarna in die uitspeelwedstryd om die 5de plek teen Samoa heeltemal die klits kwytgeraak en is met 45 – 5 afgeslag.

De volgende ronde in die Wêreld 7’s Reeks word eerskomende naweek in Vancouver voortgesit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×