Die afrigter van die Argentynse rugbyspan, Felipe Contepomi, het heelwat veranderinge aan sy span gebring wat Saterdag die Springbokke in Mbombela pak.

Die flank Pablo Matera en slot Franco Molina skuif bank toe, met Juan Martin Gonzalez en Tomas Lavanini wat hulle plekke neem, terwyl Santiago Grondona inkom om die beseerde flank Marcos Kremer te vervang.

In die agterlyn is daar ‘n nuwe heelagter, vleuel, senter en skrumskakel in Santiago Carreras, Rodrigo Isgro, Matias Moroni en Gonzalo Garcia.

Sou die Argentyne die Springbokke met ‘n bonuspunt klop in Mbombela sonder dat die Suid-Afrikaners ‘n bonuspunt kry, sal hulle as kampioene gekroon word omdat hulle in Santiago del Estero geseëvier het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×