RUGBY – Ondersteuners van die Toyota Cheetahs sal verheug wees om te verneem dat nog 4 spelers hul kontrakte met diè unie verleng het.

Andell Loubser , Reinhardt Fortuin , Cohen Jasper en Schalk Ferreira bly in Bloemfontein aan waar diè 4-tal ook nog groot bydraes kan maak ten opsigte van die Cheetahs se aanspraak op die Curriebeker trofee vir 2023.

Die Cheetahs draf môremiddag om 13:00 teen die Leeus in die Toyota Stadion uit in die 10de ronde van die Curriebeker-kompetisie.

Die hekke open reeds om 08:00 met voorwedstryde wat om 08:50 en 10:30 gespeel sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×