RUGBY – Die Haaie se stervleuel Makazole Mapimpi sal vir die volgende 2 weke langs die kantlyn moet sit na ’n voorval laas naweek in die Europese Kampionebeker-reeks teen die Bordeaux Bègles.
Mapimpi het na bewering in die 36ste minuut van diè kragmeting kontak gemaak met die oog van Bordeaux se skrumskakel Maxime Lucu en is toe agterna deur die wedstryd kommissaris Brain Campsall uitgewys nadat bykomende beeldmateriaal van die voorval bekom is.
‘n Onafhanklike Tugkomitee het bevind dat Mapimpi se kontak me Lucu se oog “roekeloos” was en wat ’n rooi kaart sou regverdig het. Die minimum straf vir ’n speler vir diè oortreding is 4 weke maar aangesien Mapimpi ’n skoon dissiplinêre rekord het is dit na net 2 weke verminder.
Die Bok vleuel kan appel aanteken teen die skorsing wat op 30 Januarie ten einde loop.