RUGBY – Die Cheetahs se woelwater haker Marnus van der Merwe wat ook Maandag sy 27ste verjaardag gevier het is ook uitgenooi na die Springbokke se 1ste belyningskamp in Kaapstad.
Van der Merwe wie se inklimspel met diè van Bok legende Duane Vermeulen vergelyk word het gesê dat dit nog altyd ’n droom was om eendag die Groen en Goud te kan dra en hierdiè geleentheid gaan hom beslis motiveer om nog harder te bly werk.
*Van der Merwe bly egter net tot einde Junie nog ’n Vrystater aangesien hy op 1 Julie by Swansea moet aanmeld nadat diè Walliese klub hom ook ’n kontrak aangebied het.