Die Varsitybeker-reeks se vyfde ronde wedstryde het opwindende spel opgedis met die Shimlas, Tuks, Maties en UJ wat goeie oorwinnings behaal het.

In die Shimlas en Ixias derby in Bloemfontein het die Kovsies in ’n reën deurweekte kragmeting op Shimlapark met 16 – 9 geseëvier het terwyl die Tuks vir Pukke onkant betrap het met ’n  telling van  26 – 17.

Wits het harde bene gekou op hul tuisveld en met 24 – 32 die onderspit teen UJ gedelf terwyl die voorloper in die kompetisie die Maties hul buurman Ikeys in die laaste sekondes van ’n skouspelagtige wedstryd met 31 – 24 in die Danie Craven Stadion kon stuit.

error: Inhoud is beskerm !!