Die voormalige afrigter van Australië en Argentinië Michael Cheika gaan na die afloop van diè seisoen die Leicester Tigers groet.
Cheika het voor die seisoen by die Engelse Premierskap span aangesluit op ‘n jaar kontrak.
Volgens Leicester Tigers se uitvoerende hoof Andrea Pinchen is hulle teleurgesteld en het gehoop Cheika sou sy tyd by die klub verleng maar is nou genoodsaak om volstoom te begin soek na ‘n geskikte plaasvervanger.
Cheika gaan glo terugkeer na Australië waar sy familie geleë is en wag vir ‘n opening in die land se Nasionale Rugbyliga reeks.