RUGBY  – Die gewese Wallaby kaptein Michael Hooper het ook ’n kort maar kragtige boodskap van die voormalige All Black senter Sonny Bill Williams gekry oor sy skuif van 15-man rugby na 7’s – “Moenie dit oorweeg nie”.

Sonny Bill se loopbaan in die korter weergawe van die spel was in ’n japtrap verby waar hy ook net in die 2015/2016 Wêreld Rugby 7’s reeks gespeel het sowel as die Olimpiese Spele in dieselfde jaar en toe uiteindelik in Maart 2021 uitgetree het.

Hooper wat die Goue Truie in 125 toetse verteenwoordig het, het sy laaste wedstryd vroeg in November gespeel vir die Barbarians teen Wallis in Cardiff.

Die laaste keer wat Hooper vir die 7’s span in aksie was, was hy nog ’n tiener maar sal hom ook nou by diè span aansluit en hoop op insluiting vir die Olimpiese Spele.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×