Die vleuel Canan Moodie en skrumskakel Jaden Hendrikse is vir die eerste keer in 2024 in die Springbok 23-tal ingesluit.
Moodie neem Kurt-Lee Arendse se plek op vleuel na hy ‘n besering opgedoen het terwyl Hendrikse op die plaasvervanger bank gaan sit met Grant Williams wat in die nommer-nege trui sal begin
Verder vervang Willie le Roux vir Aphelele Fassi op heelagter terwyl Handre Pollard en Sacha Feinberg-Mngomezulu plekke in die nommer 10 trui ruil.
Siya Kolisi sal weer die span aanvoer op loskopflank met diè kragmeting wat Saterdag om 17:00 in die DHL Stadion in Kaapstad afskop.