RUGBY  – Die toetsvleuel Jack Nowell se tweets het hom in die warm water laat beland by die Engelse Rugbyunie en is deur hulle aangekla weens sy kritiek teenoor ’n skeidsregter en waar hy die ook die naam en belange van diè beheerliggaam en die spel nadelig beïnvloed het.

Nowell – wat vir die Exeter Chiefs speel en tans op die krukkelys is –  het teen die skeidregter Karl Dickson uitgevaar in sy span se wedstryd teen die Leicester Tigers die afgelope naweek nadat sy spanmaat Olly Woodburn na ‘n 2de geel kaart van die veld af gestuur is. Die Tigers het diè kragmeting teen die Chiefs met 62 – 19 gewen.

Nowell het saam met spanmaats en mede toetsspelers Luke Cowan-Dickie en Henry Slade wat ook nog beseer is – hul tot Twitter gewend en hul frustrasie en misnoeë uitgespreek maar dit was Nowell wat Dickson direk gekritiseer het en gesê dit was een van diè swakste beslissings wat hy nog ooit op ’n rugbyveld gesien het.

Nowell gaan aan die einde van die seisoen sy loopbaan by La Rochelle voortsit teen wie sy huidige klub op 30 April gaan uitdraf in die halfeindstryd van die Kampioenebeker-reeks.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×