Nuwe datums is aangekondig vir die wedstryde wat die Suid-Afrikaanse Verenigde Rugby Kampioenskap spanne misgeloop het.

Die wedstryde, wat in September beslis moes word, was uitgestel weens die Curriebeker-eindstryd wat op dieselfde dag plaasgevind het.

Wedstryde sal op 8 Februarie en 8 Maart 2025 beslis word.

Die Bulle sal in Februarie by die Stormers kuier op die DHL-stadion in Kaapstad, terwyl die Haaie in Maart gaan gasheer speel vir die Leeus in Durban.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×