RUGBY – Die grootbase van internasionale rugby het bymekaar gekom om nuwe asem in diè sportsoort in te blaas – ’n Wêreldrugbyliga wat amptelik in 2026 afskop.

Hierdiè toernooi of liga sal elke 24 maande tussen 2 groepe van 6 spanne beslis word. Die Rugbykampioenskap wat onder meer Suid-Afrika , Nieu-Seeland , Australië en moontlik Japan en Fidji ook kan insluit sal uit die een groep bestaan terwyl die Sesnasies-spanne met Ierland , Frankryk , Skotland , Engeland , Wallis en Italië die 2de groep sal uitmaak.

Die Noordelike Halfrond-spanne sal 3 wegtoetse speel teen die Suidelike Halfronde in Julie-maand waarna die Noordelikes dan weer in November tuis teen die Suidelike spanne sal meeding. Die beste span in elke groep sal dan in ’n eindstryd teen mekaar te staan kom.

Dit gebruiklike middel- en einde-van-die-jaar toere tussen die Noordelike en Suidelike Halfrondes sal dus wegval met die moontlikheid dat spanne soos Tonga , Samoa en Georgië vanaf 2030 ook in promosie/relegasie wedstryde betrokke kan wees om ook op hierdiè vlak te kan kompeteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×