RUGBY –  Met die Springbokke wat ook vanjaar hul wêreldtitel in Frankryk gaan verdedig het SA Rugby ook aangekondig dat die 2023 seisoen vir heelwat opwinding gaan sorg.

Dit sluit onder meer die uitbreiding van die Premier Liga in die Curriebeker kompetisie , die byvoeging van die Mzanzi Uitdaagreeks wat 5 internasionale spanne insluit asook provinsiale vroue rugby sowel op die verskillende ouderdomsgroep vlakke, in.

Die Curriebeker Premier Liga kompetisie begin reeds in die 2de week van Maart en bestaan nou uit 8 spanne met die Griffons wat hul buiging maak.

In die 1ste Divisie sal 6 plaaslike spanne meeding waarna 5 internasionale spanne onder andere van Spanje , Kenia , Namibië , Israel en Zimbabwe hulle dan sal aansluit by die Mzani reeks wat op 24 Maart afskop. Dit sal ’n enkel ronde formaat wees gedurende die 14-week periode waar die halfeindrondes en eindstryd in middel-Junie beslis word.

Die 0.20 en o.21 kompetisies strek tussen Augustus en Oktober terwyl ’n o.19 Provinsiale reeks en verskeie jeugweke ook in die beplanningsfase is.

In die vroue afdeling gaan 7 spanne ook om die louere in die Premier Liga meeding met 8 spanne wat dan ook in die 1ste Liga in aksie gaan wees. Hierdiè kompetisies sal ook in die middel van die jaar plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×