Die oud-Springbok vleuel Raymond Rhule het sy uittrede van professionele rugby aangekondig weens ‘n langdurige besering.
Die 32-jarige het 10 maande laas kompeterende rugby gespeel weens ‘n knie en achilles besering en is deur dokters aangeraai om sy tokse op te hang.
Rhule het ‘n sleutel rol gespeel in die Frankrykse klub La Rochelle se suksesse waar hulle in 2022 en 2023 vir Leinster geklop het in die Kampioenebeker eindstryd.
Sy loopbaan het by die Cheetahs begin en het na die Stormers geskuif voor hy na Frankryk verhuis het.