Die voormalige Springbok-vleuel Cornal Hendricks het Pretoria verlaat en verhuis terug Wellington toe waar hy by die Kavaliers gaan aansluit.

Hendricks het sy terugkeer na rugby by die Bulle gemaak in 2019 na hy in 2015 deur dokters aangeraai is om op te hou speel weens ‘n hart kwaal.

Die 36-jarige verlaat die Bulle na vyf jaar en beplan om sy loopbaan af te sluit waar dit begin het by die Boland.

Die Boland het vanjaar hulle tweede agtereenvolgende Curriebeker Eersteliga titel gewen en daar word verwag dat hulle volgende jaar opgetrek sal word na die Premierliga.

Die Cheetahs het gisteraand hul vasgeloop teen ’n begeesterde Opkomende Ierse span en die laaste wedstryd in die Toyota Uitdaagreeks met 24 – 33 verloor.

Lemoentyd was die tuisspan met vyf punte voor maar die Iere het die druk op die tuisspan gehou en uiteindelik ook met vyf drieë afgerond.

error: Inhoud is beskerm !!