RUGBY –Die veteraan Suid-Afrikaanse skeidsregter Jaco Peyper gaan ook weer in die rekord boeke sy verskyning maak wanneer hy die fluitjie gaan blaas in volgende Saterdag se eindstryd in die Kampioenebeker-reeks tussen Leinster en La Rochelle.
Peyper wat reeds 61 toetse geblaas het sal vir die 1ste keer weer die fluitje hanteer nadat hy ook in Maart vroeër vanjaar in die spervuur was nadat hy die Engelse heelagter Freddie Steward met ’n rooikaart van die veld gestuur het in die Sesnasies-wedstryd teen Ierland.
Die 41-jarige Suid-Afrikaner en sy Engelse kollega Wayne Barnes – wat die Uitdaagbeker-eindstryd sal hanteer – is deur ’n keurkomitee van die Assosiasie van Engelse Professionele Klubrugby aangewys as die wedstrydbeamptes van hierdiè onderskeie 2 kragmetings.
Jaco Peyper en Marius Jonker is ook in gesluit in die paneel van 26 wat vanjaar wet en orde by die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk sal toepas. Dit sluit 12 skeidsregters sowel as 7 assistent- en TV-skeidsregters in wat die 48 wedstryde in die toernooi sal hanteer.