Die afrigter van die Haaie John Plumtree het drie veranderinge aan sy span gemaak wat die naweek teen Benetton te staan sal kom in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks in Treviso , Italië.

Haker en stut Fez Mbatha en Trevor Nyakane begin in die plek van Dylan Richardson en Ntuthuko Mchunu wat na die plaasvervangersbank skuif.

Intussen ruil Emmanuel Tshituka en Phepsi Buthelezi plekke met Buthelezi wat begin in die nommer agt trui en Tshituka wat plek op die bank sal inneem.

Afskoptyd is Saterdag om 16:00 (SA Tyd).

*In die ander kragmetings van die dag pak Edinburgh die Stormers , Ospreys speel gasheer vir die Bulle terwyl die Dragons en Leeus Sondagmiddag sake op die speelveld sal uitspook.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×