RUGBY –  Portugal het vir sy geskiedkundige 1ste toets teen die Bokke 9 Wêreldbeker-spelers in sy begin 15-tal ingesluit vir Saterdag se kragmeting in Bloemfontein.

Die Wolwe het in sy voorbereiding om die Wêreldkampioen te pak Namibië verlede week met 37 – 22 geklop.

Slegs 6 spelers wat Fidji in die Wêreldbeker-toernooi met ’n enkele punt geskok het sal die Bokke aanvat met Manuel Pinto en Josè  Madeira wat nou in ander posisies speel.

*Die Bokke word deur Salmaan Moerat op die veld gelei. Die afskoptyd is 17:00 en word regsteeks op SuperSport  uitgesaai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×