RUGBY – Die Pumas is die nuwe Curriebeker kampioen nadat die Laevelders in hul 1ste finaal die Griekwas Saterdag met 26 – 19 in Kimberley geklop het.

Dit was ‘n tipiese eindstryd waar nie een van die twee spanne ‘n sentimeter vir mekaar teruggedeins het nie. Die besoekers het  egter hul kanse beter benut en 3 keer agter die pale gaan kuier terwyl die Poubloues met slegs 1 drie kon antwoord.

In die 1ste Divisie finaal wat Vrydagmiddag gespeel is het die Griffons die OP Olifante oortuigend met 45 – 16 in Welkom geklop om met die louere weg te stap.

Die Pers truie het alle fasette oorheers en ook gewys hulle volgende jaar hul skoene in die strawwe Curriebeker kompetisie sal kan volstaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×