Die haker Camille Chat wat Frankryk in 33 toetse verteenwoordig het se paadjies by Racing 92 het geskei.

Die 29-jarige was in Desember tydelik geskors na ‘n Kerspartytjie vir die spelers.

Na afloop van die partytjie het Chat onder die invloed by die klub se oefen kompleks aangekom.

Die Top14 klub het in ‘n verklaring bevestig dat die speler se kontrak met wedersydse instemming beëindig is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×