RUGBY – Racing 92′ se grootbaas Jacky Lorenzetti was glad nie tevrede met die Springbokkaptein Siya Kolisi se vertoning vir sy Franse klubspan in hul Top14-uitspeelwedstryd teen Bordeaux die afgelope naweek nie.
Racing het met 17 – 31 vasgeval en Lorenzetti het gesê dat Kolisi onsigbaar op die veld was en bygevoeg dat diè flank sy spelpeil verloor het en boonop ’n paar kilogram opgetel het.
*Kolisi is ‘n 2-jaar kontrak aangebied om as plaasvervanger die voormalige Franse toetsflank Wenceslas Lauret te vervang wat volgens Lorenzetti ’n vegter in die lostrio was en altyd orals opduik maar dat Siya tans nie daardiè stewels kan vul nie.