RUGBY – Die Springbok afrigter Rassie Erasmus het sy groep van 37-spelers aangekondig wat sal voorberei vir volgende naweek se Rugby Kampioenskap kragmeting teen die All Blacks.

Steven Kitshoff, Jaden Hendrikse en Canan Moodie maak almal ‘n terugkeer van besering terwyl Jasper Wiese, Andre Esterhuizen en Nicolaas Janse van Rensburg ook opgeroep is.

Die groep wat in Australië getoer het het Maandag en Dinsdag in twee groepe na Suid-Afrika teruggekeer.

Die Springbokke pak die All Blacks volgende Saterdag om 17:00 op Ellispark.

error: Inhoud is beskerm !!