Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het 12 veranderinge aan sy span gemaak van die een wat vir Skotland geklop het vir die komende naweek se kragmeting teen Engeland.

Die stut, Wilco Louw, sal sy eerste toetswedstryd speel sedert 2021 en sak in die voorry langs Bongi Mbonambi en Ox Nche.

RG Snyman en Eben Etzebeth is die slotpaar terwyl Siya Kolisi weer die kapteinskap oorneem en vorm saam met Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese die lostrio kombinasie.

In die agterlyn is Grant Williams en Manie Libbok die skakelpaar, terwyl Damian de Allende en Jesse Kriel die middelveld sal patrolleer. Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe sal onderskeidelik weer die nommer 11 en 14 truie aantrek met Aphelele Fassi wat op heelagter inskuif.

Die plaasvervangers bank sal warm gehou word deur Malcolm Marx, Gerhard Steenekamp, Vincent Koch, Elrigh Louw en Kwagga Smith terwyl Cobus Reinach, Handre Pollard en Lukhanyo Am agterlangs as versterkings ingespan kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×