RUGBY – Die Springbok afrigter, Rassie Erasmus, het tien veranderinge gemaak aan sy span wat die naweek teen die Wallabies te staan sal kom in die tweede Rugbykampioenskap kragmeting in Perth.
In die begin 15-tal behou slegs Elrigh Louw, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Pieter-Steph du Toit, Jessie Kriel en Cheslin Kolbe hulle plek.
Die vaste vyf sien vir Jan-Hendrik Wessels, Johan Grobbelaar en Thomas du Toit in die voorry, met Ruan Nortje en Salmaan Moerat wat die slotpaar sal wees en waar Moerat ook die span sal aanvoer.
In die agterlyn kry Morne van den Berg ‘n geleentheid op skrumskakel, Makazole Mapimpi vervang vir Kurt-Lee Arendse op vleuel, Lukhanyo Am sal in die senter posiswees en Aphelele Fassi kry ‘n geleentheid op heelagter.
LUISTER: Rassie Erasmus kondig Bokspan aan vir 2de toets teen die Wallabies