Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n groep van 56 spelers aangekondig wat volgende maand in Kaapstad gaan aanmeld vir ‘n belynings kamp.

Luidens ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie sal die groep afrigters op 7 Maart saamtrek vir ‘n belyningsessie van drie dae waarna die spelers van 10 tot 12 Maart by hulle sal aansluit.

Onder die 56 spelers wat uitnodigings ontvang het is die 38-jarige Deon Fourie en die 33-jarige Akker van der Merwe.

Wat egter opvallend was is dat geen Vrystaat-speler deel van die genooides is nie.

Opkomende spelers wat by die groep betrek is sluit Jurenzo Julius, JF van Heerden en Reinhardt Ludwig ook in.

Volgens Erasmus is die fokus van die kamp om almal op dieselfde bladsy te kry en ‘n goeie fondasie te bou vir ‘n uitdagende jaar wat voorlê.

error: Inhoud is beskerm !!