Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sien uit na die atmosfeer wat rugbyondersteuners na môre se wedstryd teen Nieu-Seeland sal bring.
Die twee nasies sal in Kaapstad kragte meet in hul tweede Rugbykampioenskapswedstryd.
Dit sal die eerste keer wees dat die twee nasies ’n toetswedstryd in Kaapstad speel sedert 2017.
Die Springbokke het hul laaste drie wedstryde teen die All Blacks gewen.
Erasmus sê hy sien uit na die atmosfeer wat beide die Springbokke en All Blacks-ondersteuners môre na die wedstryd sal bring.