RUGBY – Die 10 veranderinge aan die Springbok-span vir die naweek se wedstryd teen Australië in Perth was nie ‘n teken van disrespek nie.
Dit is volgens die span se afrigter, Rassie Erasmus.
Erasmus het sy besluit om topspelers in die volgende wedstryd te laat rus, verdedig ná verlede week se oorwinning van 33-7 oor die Wallabies in Brisbane.
Hy sê hy het die besluit geneem om gevestigde name te rus om meer ervaring aan sy breër groep te gee.