RUGBY – Die Springbok afrigter Jacques Nienaber het 2 veranderinge gemaak aan sy beginspan wat môremiddag in ‘n moet-wen wedstryd die Poemas in die Rugby Kampioenskaps-reeks in Durban gaan pak.
Frans Steyn sal die nommer 10 trui dra in die plek van die beseerde Damian Willemse wat weens harsingskudding nie vir ronde nommer 6 beskikbaar gaan wees nie terwyl Pieter-Steph du Toit aan die oopkantflank gaan speel met Franco Mostert wat plek op die reserwebank sal inneem.
Die Bokke is tans gelyk saam met die All Blacks op die puntetabel maar sal presies weet wat gedoen moet word teen die Los Pumas om as die kampioen gekroon te word aangesien Nieu-Seeland en Australië mekaar reeds môreoggend net na 9 takel en sal die uitslag dan ook reeds bekend wees.
Die afskoptyd is môremiddag 17:05