RUGBY  –  Die Suid-Afrikaanse A-span kry vanaand weer die kans om sake reg te stel op hul oorsese ekskursie wanneer die Groen en Goud teen die Bristol Bears in hul laaste wedstryd te staan sal kom.

Volgens die span kaptein Thomas du Toit sal die samespel stukke beter moet wees nadat die Bokke se naasbestes verlede week slae gekry het teen Munster juis as gevolg van die feit dat die kontinuïteit tussen voor- en agterspelers ontbreek het.

Die hulpafrigter Joey Mongalo het ook bygevoeg dat die 2de helfte in die wedstryd teen Munster baie bemoedigend vir hulle was veral nadat die manne in die moeilike weerstoestande die spel bietjie vaster probeer maak het en waar die gelykop telling in die 2de helfte hierdie poging weerspieël het.

Hy het ook bygevoeg dat die Bristol Bears ‘n span is wat bekend is om balbesit te behou en dan aanvalle op die opposisie te loods. Mongalo het gesê dat dit ‘n ander uitdaging as in die Munster-wedstryd gaan wees maar dat daar moontlik sekere individuele spelers kan wees wat aanspraak kan maak op insluiting in die nasionale span vir volgende week se toets teen Engeland.

Vanaand se wedstryd skop om 21:30 (SA Tyd) af en word ook uitgesaai op SuperSport.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×