RUGBY – Met die Wêreldbeker-toernooi wat later vanjaar plaasvind sal Nieu-Seeland hoop dat sy gesoute spelers nog slaggereed sal wees om die Webb Ellis trofee omhoog te na lig nadat ’n rits senior spelers aangekondig het dat hulle na afloop van diè rugby skouspel in Japan se Topliga gaan speel.
Die hardebaard slot Brodie Retallick wat hierdie siesoen nog diens by die Chiefs moet verrig sal hom by sy Nieu-Seelandse spanmaats Ardie Savea , Beauden Barrett , Aaron Smith en Richie Mo’unga in die land van die Sakura’s aansluit sodra die wêreld se rugby skouspel in Frankryk afgehandel is.
Retallick wat as een van die beste nommer 4 slotte in die All Blacks trui beskou word het ook in 2020 en 2021 vir die Kobelco Steelers gespeel.
Die beskikbaarheid van spelers vir die nasionale span sal deur die aard van hul Japanese kontrakte bepaal word aangesien die Nieu-Seelandse Rugbyunie nie spelers wat sonder minstens ’n toekomstige verbintenis met plaaslike rugby weer verkiesbaar vir die Swart Truie sal stel nie.