Die Ierse Verenigde Rugby Kampioenskapspan, Leinster het ‘n groot aanwins in die terugkeer van Robbie Henshaw gekry.

Leinster se hoofafrigter Leo Cullen verwelkom vir Henshaw terug na hy in Julie ‘n besering opgedoen het in Ierland se 24-25 oorwinning oor die Springbokke in Durban.

Henshaw sal beskikbaar wees vir Leinster se kragmeting die naweek teen die Leeus op die Aviva-stadion.

Die Leeus en Leinster is die enigste twee onoorwonne spanne in die Verenigde Rugby Kampioenskap, en hulle skop Saterdag om kwart oor ses af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×