Vrystaat Rugby (Bpk) het in ’n mediaverklaring bevestig dat Rory Duncan as die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aangestel is van die Vrystaat Cheetahs, effektief vanaf 3 Februarie 2025.
Duncan het reeds diep spore in Vrystaat Rugby getrap waar hy onder meer die kaptein van die Cheetahs was wat die Curriebeker in 2017 gewen het. Hy het ook ’n groot rol gespeel in die onderhandelinge met die span se deelname aan die Guinness Pro 14-reeks nadat hulle uit die Super Rugby-reeks gelaat is.
In 2015 het Duncan ook die Toyota Akademie tot stand gebring wat spelers soos onder meer die Springbokke Ox Nche, Jasper Wiese en Joseph Dweba opgelewer het.
As Hoof Uitvoerende Beampte wil Duncan fokus op die langtermyn volhoubaarheid van diè franchise, sy mededingendheid versterk, deelname in die internasionale arena en om jong talent in diè provinsie verder te ontwikkel.