RUGBY  –  Ross Cronje – een van die Goue Leeus se jarelange staatmakers –  gaan uiteindelik sy rugbystewels ophang.

Die 32-jarige Cronje wat die nommer 9 trui sy eie gemaak het, het in meer as 150 wedstryde vir die Rooibontes uitgedraf en Suid-Afrika ook in 10 toetse verteenwoordig.

Volgens Cronje was van die hoogtepunte in sy loopbaan toe die Leeus die Curriebeker in 2015 gewen het asook die Super Rugby finaal twee jaar later op Ellispark waar hul ongelukkig teen die Crusaders verloor het.

Cronje gaan nou na sy uittrede uit professionele rugby homself in die korporatiewe eiendoms wêreld vestig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×