RUGBY: Die Vrystaat legende Ruan Pienaar het Vrydagaand finaal die Cheetahs op Shimlapark gegroet  alhoewel die tuisspan teen die Poubloues met 17 – 39 vasgeval het in die SA Beker-reeks.

Ruan sal nou voortaan by afrigting betrokke wees en sal inskakel by die Vrystaat o.21’s en Toyota Akademie spanne.

*In die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks het die Bulle ’n tuis uitklopronde verseker toe hy Benetton met 56 – 35 op Loftus versveld ore aangesit het.  Die Leeus het ook hul kanse lewendig gehou met ‘n 44 – 21 oorwinning oor die Glasgow Warriors op Ellispark terwyl die Stormers die omgekrapte Connacht in Galway met 16 – 12 in hul spore gestuit het. Die Haaie se drome is egter verby nadat Cardiff hul met 36 – 14 in Durban oorrompel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×