RUGBY – Die S.A. o.18 span het Dinsdag hul Franse eweknieë ‘n rugbyles geleer deur die besoekers met 49 – 17 in die Paarl te verniel het.

Die Groen en Goud het 6 keer in die Hane se werf ‘n draai gaan maak terwyl die Blou Truie met slegs 2 drieë terug kon antwoord. Die losskakel Thurlon Williams was een van sy span se groot uitblinkers en het 19 punte met akkurate skopwerk aangeteken.

Die Suid-Afrikaners het die grondslag vir hul oorwinning voorlangs gelê met kenmerkende dryf- en rolmaal bewegings en ook die vaste fasette oorheers en alhoewel die dissipline in die 2de helfte gepla het was die Springbokkies net te goed vir die Les Blues juniors.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×