RUGBY – Die Junior Bokke het ook hul  aanslag op die o.20 Wêreldtoernooi-titel op ’n wennoot afgeskop toe hulle Georgië ook Saterdag op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch met 33 – 23 kon troef.

Alhoewel die Suid-Afrikaners nog heelwat afrondingswerk moet doen is die breier Bafana Nhleko darem tevrede dat sy span oor die eerste hekkie in hierdiè kon seil. Georgië is beslis nie ’n span wat onderskat kan word nie nadat hulle ook ’n paar weke gelede Engeland in ’n opwarmingswedstryd ore aangesit het.

Een van die uitblinkers was Franco Smith se seun Jean wat sy span op die voorvoet gehou het en ook self 18 punte kon bydra.

In die ander wedstryde het die verdedigende kampioen Frankryk vir Japan met 75 – 12 afgeslag , Australië moes hard werk vir ’n oorwinning van 46 – 37 teen Fidji , Ierland het gelykop gespeel teen Engeland met 34 – 34, Argentinië was met 43 – 15 baas oor Italië terwyl Nieu-Seeland ’n agterstand van 14 punte uitgewis het om uiteindelik met 27 – 26 teen Wallis te seëvier.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×