Die SA Rugby se Speler van die Jaar-toekennings word Donderdagaand in Kaapstad aangebied.

Die nominasies vir hierdie toekenning is Pieter-Steph du Toit, Damian de Allende, Eben Etzebeth, Ox Nché en Cheslin Kolbe.

Rassie Erasmus is die gunsteling vir Afrigter van die Jaar ná ’n suksesvolle 2024-seisoen waarin die Springbokke 11 uit 13 toetse gewen het.

Hy staan teenoor Philip Snyman en Jake White in die afrigterskategorie.

Die wenners sal gekroon word tydens die glansgeleentheid waar Suid-Afrika se top rugbytalent vereer word.

error: Inhoud is beskerm !!