Die slot, Salmaan Moerat, gaan die Springbokke se jaareinde toer misloop en straks nie vir die Stormers beskikbaar wees nie weens besering.
Die 26-jarige het ‘n knie-besering opgedoen en moes ‘n operasie ondergaan.
Volgens die Stormers se hulpafrigter, Dawie Snyman, gaan Salmaal eers einde November beskikbaar wees om te speel.
Die Springbokke se jaareinde toer sal op 10 November afskop met ‘n kragmeting teen Skotland in Edinburgh, waarna hulle teen Engeland en Wallis te staan sal kom.