RUGBY – Salmaan Moerat sal die 66ste Springbokkaptein word wanneer hy die Bokke aanvoer in die geskiedkundige 1ste toets Saterdag teen Portugal in Bloemfontein.

Rassie Erasmus het verskeie nuwelinge ingesluit met veral die Haaie se agsteman Pepsi Buthelezi op nommer 6 wat ’n verrassing was en die Bulle se haker Jan-Hendrik Wessels op loskopstut. Die Ligbloues se Johan Grobbelaar maak ook sy debuut in die nommer 2 trui.

4 spelers is ook op die reserwebank ingesluit wat hul toetsdebuut sal maak naamlik Mornè van den Berg , Andre-Hugo Venter , Quan Horn en Ruan Venter.

*Die afskoptyd is Saterdagmiddag 17:05 in die Toyota Stadion.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×