Die voormalige All Black kaptein, Sam Cane gaan moontlik die naweek in Wellington sy 100ste verskyning vir sy land maak.
Sou hy die span haal, sal hy die 13de All Black word om die mylpaal te bereik.
Hy sal hom aansluit by legendes soos, onder andere, Sam Whitelock, Richie McCaw, Kevin Mealamu, Kieran Read, Dan Carter, Ma’a Nonu en Mils Muliaina.
Cane sou hoop om sy ervaring te maak tel, met die All Blacks wat in 2018 laas in Wellington kon wen.
Dit is intussen bevestig dat die senter Jordie Barrett die tweede toets teen die Wallabies sal misloop met ‘n knie besering.
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×