Die veelsydige agterspeler, Sanele Nohamba, is aangewys as die Leeus se Speler van die Jaar.
Die prysuitdeling was Woensdagaand in Sandton in Johannesburg aangebied, en Nohamba voeg die toekenning by sy Verenigde Rugbykampioenskap Speler van die Seisoen toekenning.
Volgens Nohamba is hy baie geëerd om die titel huis toe te neem en sê dit motiveer hom om verder te verbeter.
Hy het verder bevestig dat die doel by die Leeus hierdie seisoen is om te verbeter, na hulle verlede seisoen net-net kortgekom het van ‘n plek in die kwarteindstryd.
Die Leeus lê tans vierde op die Verenigde Rugbykampioenskap punteleer, hulle is een punt agter die Bulle, vyf agter die Glasgow Warriors, en 11 agter Leinster.