SA Rugby het aan die Nieu-Seelandse Rugby Unie verskoning gevra na ‘n vliegtuig oor die stadion gevlieg het gedurende die laaste deel van die All Blacks se Haka.

Die uitvoerende hoof van SA Rugby Rian Oberholzer het bevestig dat hy in persoon en in ‘n brief verskoning gevra het oor wat gebeur het.

Hy sê verder dat daar nie met intensie iets vooraf beplan was om tydens die Haka te gebeur nie.

Volgens Oberholzer was dit ’n tydsberekening kwessie  en ‘n menslike fout.

*Die Bokke en All Blacks sê mekaar weer eerskomende Saterdag die stryd in die Kaap aan in ronde nommer 4 van die Rugby Kampioenskaps-reeks.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×