RUGBY – Alhoewel die Toyota Cheetahs die nuwe jaar nie met ’n oorwinning kon afskop nie kon die Vrystaters nog steeds hulle koppe hoog hou nadat hulle Vrydagaand met 17 – 20 teen Scarlets vasgeval het in die Europese Uitdaagbeker-Reeks.
Beide spanne het 2 keer agter hulle opponente se doellyn ’n draai gaan maak terwyl die skopwerk pale toe ook baie akkuraat was en waar ’n strafskop in die 63ste minuut van die wedstryd deur Leigh Halfpenny die oorwinning vir die Turke kon seël.
Die Vrystaters wat tans 7de in Groep B is speel weer eerskomende Sondag teen die Franse span Pau wanneer diè 2 spanne mekaar om 17:15 (SA Tyd) in Parma ontmoet.